Beautiful people, wonderful service, stunning gardens, best prices, good products. Do not drive past, please stop at this padstal. Pet friendly.
Plaasontbyt, tuisgemaakte burgers en pasteie, goeie koffie en 'n vriendelike gesig. Trek af, strek die bene en bly 'n bietjie.
Silo Padstal lê sowat 15 km uit Bethlehem op die pad na Clarens, tussen die graansilo's en die oop Vrystaatse veld.
Hier kry jy eerlike plaaskos: 'n stewige boerebrekfis, ons eie beesburger met tuisgemaakte patty, vars gebakte pasteie, melktert en koek van die dag. Daarby is daar konfyt en ingelegde goed, plaaslike handwerk en 'n winkeltjie vol verrassings.
Bring die kinders en die honde saam. Die donkies is mal oor appels en wortels.






'n Keur uit ons spyskaart. Vra vir die koek van die dag.
Pryse kan verander. Die volledige spyskaart is by die padstal beskikbaar.
Sit aan vir 'n tradisionele Sondagete, net soos by Ouma.

Hulle is baie lief vir appels en wortels. Die kinders is lief vir hulle.

Hoenders, 'n groot tuin, 'n swaai en oop veld om in te speel. Honde is welkom.

Konfyt en ingelegde goed, plaaslike handwerk, handsakke en iets vir die hond.










Beautiful people, wonderful service, stunning gardens, best prices, good products. Do not drive past, please stop at this padstal. Pet friendly.
We had cappuccinos. Highly recommended! The lady serving us was friendly and very accommodating with the kids.
Locally made jams and preserves, some quirky clothing, and dogs are welcome. There's even a small corner with doggy goodies.
Sowat 15 km uit Bethlehem op die pad na Clarens. Volg die silo's.
| Maandag | 09:00 – 16:00 |
| Dinsdag | Gesluit |
| Woensdag – Vrydag | 09:00 – 16:00 |
| Saterdag | 09:00 – 15:00 |
| Sondag | 09:00 – 13:00 |